Gehym

by Landi Cordier   Jun 13, 2009


Ek kyk na die vuur,
die een om jou oog,
die mooiste kleure,
almal droog.
Daars pers en blou
en rooi en goud
Soos ek kyk
na die vuur
word my binneste
Koud.

Die vuur kom uit woede,
die vuur gaan bly,
die vuur maak wonde
die vuur is pyn

Ek kyk na jou lyf
oral is daar tekens
van vuur reeds verdwyn,
Oral letsels
van daaiselfde pyn

Dan vat ek jou hand,
ek voel,
ja,
dit brand,
maar jy wier om te se
wie't jou so hard gevat

Ek ken die vuur,
elke dag, kom daar
'n nuwe een verskyn
En stadig maar sag
gaan jou siel dood
en verkwyn
Altyd saggies,
Saggies in pyn.

0


Did You Like This Poem?

Latest Comments